Kleuterskool

Kleuterskool inligting:

Aankoms en vertrek tye:

06h15 – 08h15

12h00 –  13h00 (Halfdag kinders)

15h30 – 17h30 (Voldag kinders)

 

 

Skooltye – Voldag:

Maandae tot Vrydae: 06h30 -17h15.

Kleuters sal vanaf 06h30 deur assistente ontvang word.

Halfdag Inskrywings:

Kleuters wat slegs vir halfdag ingeskryf is, moet tussen 12h30 – 13h00 afgehaal word.

Let wel: Die halfdag pakket se skoolure sluit amptelik om 13:00nm elke middag. Indien hierdie tyd oorskry word, word ‘n addisionele fooi gehef:

Na 13h00 – R30.00 per 15min of ‘n gedeelte daarvan. Geen uitsonderings sal gemaak word nie!

Die skool begin stiptelik om 08h00 elke dag.

Geen dagbesoekers tussen ouderdom van 1-5 jaar nie.


Verversings en voedsel:

Houdings oor kos ontwikkel vroeg in ons kinders se lewens . Die kos wat kinders eet het ʼn invloed op hul welstand, hul fisieke groei,  hul vermoë om te leer en hulle algehele gedrag. Om matig te eet, ‘n verskeidenheid van voedsel te eet en om te eet in ‘n ontspanne atmosfeer, is gesonde gewoontes vir jong kinders om aan te kweek.

Kleuters se sintuie is nog besig om te ontwikkel en word hulle blootgestel, met behulp van ons etes en verversings, aan verskillende smake, teksture en reuke.

Etes en verversings is by gereelde geskeduleerde tye – nie minder as twee ure uitmekaar en nie meer as drie ure uitmekaar nie. By ontbyt, verversingtyd en middagete sal onderwysers en assistente, saam met die kinders sit terwyl hulle eet.

  • Ontbyt sal voorsien word vanaf 07:45 tot 08:00. Kinders wat na 08:00 by die skool afgelaai word, moet by die huis ontbyt eet;
  • Verversings (snacks) word om 10:00 bedien;
  • Middagete word om 12:00 bedien;
  • Verversings (snacks) word om 15:00 bedien;
  • W. Alle etes en verversings voldoen aan dieëtkundige voorskrifte.
  • Vars water sal heeldag vrylik beskikbaar wees;
  • Ingeval van enige allergieë, moet Einstein Akademie reeds tydens inskrywing, daarvan ingelig word;
  • Kinders met allergieë moet beskerm word teen kontak met diè probleem kos. Met die ouers / voogde se toestemming, sal inligting oor die kind se allergieë in die kombuis en eetsaal geplaas word, saam met ʼn foto van die kind om te dien as ‘n visuele herinnering aan alle volwassenes wat gedurende die dag met die kind in aanraking kom;
  • Geen kos / lekkers / koekies / koeldrank mag van die huis af skool toe gebring word nie;

 

Oopdeurbeleid

Ouers en voogde is altyd welkom om die klaskamer te besoek. As ‘n veiligheidsmaatreël, sal alle ouers en besoekers gedurende skoolure gemonitor word, om veiligheid te verseker . Besoekers word gevra om asseblief diskresie te gebruik met betrekking tot die babas en kleuters se klasse, ten einde so min as moontlik ontwrigting te skep.  Meld asseblief by die kantoor personeel aan voor en na ʼn besoek aan die klas of skool.

Probleme en persoonlike afsprake:

  • Ouers is hartlik welkom om enige probleem met ons te kom bespreek. U is welkom om afsprake vooraf te maak, sodat ons sonder enige onderbrekings kan gesels;
  • Skakel ons gerus tussen 08:00 en 16:00. Onthou asseblief dat onderwysers nie oproepe kan ontvang gedurende 08:00 en 13:00 nie. U is meer as welkom om ʼn boodskap te los, of om ʼn afspraak te maak;

 

 

ANDER AKTIWITEITE WAT AANGEBIED WORD, WAT NIE BY DIE SKOOLFONDS INGESLUIT IS NIE:

Baba Swaantjies (Ballet) (3 – 5 jaar) [Aangebied op die skoolperseel]

CMATHS (2 – 5 jaar) [Aangebied op die skoolperseel]

Mini Maestro’s (2 – 5 jaar) [Aangebied op die skoolperseel]