Tuisblad


Baie welkom by Einstein Akademie.  Ons doelwit is om aan die ouers gemoedsrus te gee terwyl hul kinders in ons sorg is.  Hier by ons, word die kind altyd eerste geplaas en is ons trots op dit wat ons saam bereik.

 

Ons skool se visie & missie:

  • U kinders Christelike onderwys en sorg te gee
  • Om veilige en verantwoordelike sorg vir die kinders, waarna al hul behoeftes omgesien word, te bied.
  • Om ‘n veilige, stimulerende en huislike omgewing te bied, waar kinders fisies, emosioneel en sosiaal tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.
  • Om ‘n liefde vir leer te ontwikkel deur middel van kreatiewe, praktiese aktiwiteite, wat voorsiening maak vir individuele leerstyle en die potensiaal, vaardigheid en talent in elke kind te ontwikkel.
  • Om die kind as ‘n geheel te voed, deur die verskaffing van die beste opvoeders en ondersteuningspersoneel.
  • Om ‘n aangename omgewing vir ons personeel te skep waar hulle, hul ervaring en kennis tot voordeel van die kinders gebruik.
  • Ons doel is om ‘n vreedsame, huislike atmosfeer, in stand te hou waar kinders tuis en beskermd voel.

Kriteria om ons doelwitte te bereik:

  • Opgeleide personeel
  • “Hands-on” bestuur
  • ‘n Goed toegeruste omgewing
  • Gereelde instandhouding en opgradering van die skool

Ons streef daarna om ouers te hê:

  • As lojale en betroubare vennote wat help met die kinders se ontwikkeling
  • Ouers wat liefdevolle, ondersteunende en omgee ouers is.

 


Kontakbesonderhede:

013 243 3049

admin@einsteinakademie.co.za

Adres: 12A Luttig straat, Middelburg